Title: | Dan Val Ek Oor My Tong |
---|---|
Artist: | Brendan Peyper |
Album: | Stop Wag Bly Nog 'n Bietjie |
Release Year: | 2015 |
Duration: | 3:31 |
Size: | 4.83 MB |
Source: | YouTube |
Woord vir woord slaan ek elke akoord
As ek sit en skryf oor jou mond, jou lyf
En alles van jou laat my wêreld stilstaan
Stilstaan
Jy is 'n harte-dief ek het jou baie lief
Wil heeldag oor jou sing, Nutella vir jou bring
Maar elke keer as ek jou sien raak ek deurmekaar
Deurmekaar
Dan val ek oor my tong
Ek draai my woorde om
As ek kyk in jou oë
Waar ek myself verloor
Beroof my van my sinne, my gedagtes
Dan val ek oor my tong
As jy net nader kom
Begin my kop te draai
My woorde weg gewaai
Dis of ek nie kan help, ek's smoorverlief op jou
Jy's mooier as die see, die kleur wat herfs ons gee
Jy blink net soos die son, vêr oor die horison
Daar's net te veel wat ek vir jou wil sê
Vir jou wil sê
Dan val ek oor my tong
Ek draai my woorde om
As ek kyk in jou oë
Waar ek myself verloor
Beroof my van my sinne, my gedagtes
Dan val ek oor my tong
As jy net nader kom
Begin my kop te draai
My woorde weg gewaai
Dis of ek nie kan help, ek's smoorverlief op jou
Ek weet die dag sal kom
Waar jy voor my sal staan
En ek vir jou kan sê
Ek's lief vir jou
Dan val ek oor my tong (Dan val ek oor my tong)
Ek draai my woorde om (Ek draai my woorde om)
As ek kyk in jou oë (As ek kyk in jou oë)
Waar ek myself verloor (Waar ek myself verloor)
Beroof my van my sinne, my gedagtes
Dan val ek oor my tong (Dan vale k oor my tong)
As jy net nader kom (As jy net nader kom)
Begin my kop te draai (Begin my kop te draai)
My woorde weg gewaai
Dis of ek nie kan help, ek's smoorverlief op jou
Smoorverlief op jou