Title: | Gebreektehartsvallei |
---|---|
Artist: | Brendan Peyper |
Album: | Stop Wag Bly Nog 'n Bietjie |
Release Year: | 2015 |
Duration: | 3:27 |
Size: | 4.74 MB |
Source: | YouTube |
Niks is lekkerder op aarde
As om jou gelukkig te kan maak
En te hoor hoe jy weer lag
Kan ons maar jou trane opvee
En eerder plekmaak vir nog lekker tye
En begin met ‘nuwe dag?
Ek sal altyd mooi na jou kyk
Vertrou op my
Gebreektehartsvallei het nou ‘n
Nuwe naam gekry want daar’s ‘n glimlag
En hy mag nooit verdwyn nie
Gebreektehartsvallei het nou ‘n
Nuwe naam gekry en daar sal ons bly
Op Gelukkigefontein net ek en jy
Nooit weer sal jy val en wonder
Wie jou hand sal vat en jou sal optel
Ek sal sterk vir jou ook wees
Saam gaan ons die wêreld inkleur
Al jou drome waarmaak ek en jy
Sonder om terug te kyk
Jy kan my vir altyd vashou
En vertrou
Gebreektehartsvallei het nou ‘n
Nuwe naam gekry want daar’s ‘n glimlag
En hy mag nooit verdwyn nie
Gebreektehartsvallei het nou ‘n
Nuwe naam gekry en daar sal ons bly
Op Gelukkigefontein net ek en jy
Jy hoef nooit weer te wonder of bang te wees nie
Ek weet ek sê vir jou
Ek wil saam met jou hoop en in liefde glo
Saam in drome bou, bou
Gebreektehartsvallei het nou ‘n
Nuwe naam gekry want daar’s ‘n glimlag
En hy mag nooit verdwyn nie
Gebreektehartsvallei het nou ‘n
Nuwe naam gekry en daar sal ons bly (Net daar sal ons altyd bly)
Op Gelukkigefontein net ek en jy