Title: | Vir Nou |
---|---|
Artist: | Brendan Peyper |
Album: | Dis nie sonde nie |
Release Year: | 2018 |
Duration: | 3:20 |
Size: | 4.58 MB |
Source: | YouTube |
Wil saam met jou my voete in die sand sit
Op Griekeland se strande spierwit
By Santorini ‘n Martini op ‘n seiljag klink
As Venus vir ons wink
Saam met jou O Sole Mio sing
In Italië ‘n wyntjie drink
Lekker pizza by die Colosseum waar Maximus se skare dreun
Ek sal jou eendag wys
Al die mooi van hierdie wêreld wys
Vir nou wil ek net hier in jou oë kyk
Vir nou wil ek sit en staar hoe mooi jy lyk
Vir nou sit en droom oor alles wat nog
Kom en die toekoms wat dit bring
Die liefde wat ons twee kon vind
Terwyl ek vir jou ‘n love song sing
Ek wil ‘n love song vir jou sing
‘n Love song vir jou sing
Saam met jou in Thailand op ‘n tuk-tuk ry
Op ‘n eiland in Hawaii bly
In Rio lekker samba by die Karnaval
Diep dink by die Taj Mahal
‘n Nuwe jaar in Parys begin
Saam met jou Kilimanjaro klim
Wegvaar van Ekwador met ‘n jag in die middagson
Ek sal jou eendag wys
Jy weet ek sal jou eendag wys
Vir nou wil ek net hier in jou oë kyk
Vir nou wil ek sit en staar hoe mooi jy lyk
Vir nou sit en droom oor alles wat nog
Kom en die toekoms wat dit bring
Die liefde wat ons twee kon vind
Terwyl ek vir jou ‘n love song sing
Ek wil ‘n love song vir jou sing
Eendag is eendag
Wat ons saam gaan klim in ‘n lugbalon
En ‘n sirkel trek oor die horison
Maar vir nou is dit ons twee by mekaar
Tot die dag kom wat ons weg kan vaar
Vir nou wil ek net hier in jou oë kyk
Vir nou wil ek sit en staar hoe mooi jy lyk
Vir nou sit en droom oor alles wat nog
Kom en die toekoms wat dit bring
Die liefde wat ons twee kon vind
Terwyl ek vir jou ‘n love song sing
Ek wil ‘n love song vir jou sing
'n Love song vir jou sing
Ek wil ‘n love song vir jou sing