Title: | pennies en ponde |
---|---|
Artist: | Gerhard Steyn |
Album: | Breekbaar |
Release Year: | 2010 |
Duration: | 3:56 |
Size: | 5.4 MB |
Source: | YouTube |
As die skoen jou pas, trek hom aan
Word ek 'n las, laat my gaan
Voor jy soos Pinocchio lieg
Skryf maar 'n brief
Jy hak soos 'n gramafoonplaat
Maar vat maar bietjie boereraad
Kasterolie, doringdraad
Kan 'n DKW start
Tel jou pennies en ponde (Is dit al wat jy het)
Vryf maar sout in my wonde (Wou maar net vir jou sê)
Doen net wat jy wil
Om my te verkul
Draai my hart in die rondte
Trap my hart in die grond in (Jy kan maar probeer)
Want dis mos die ín ding (Al maak jy my seer)
Sit 'n wag voor my mond
Hou jou oor teen die grond
Draai my hart in die rondte
So jy dink jy het my plat
Maar ek kan nog baie vat
Voor jy dink dat ek opgee
Kom try my maar weer
Jy grou vir jouself 'n gat
En jy pluk nou jou eie lat
Pasop waarvoor jy wens ou maat
Want dis nou bietjie laat
Tel jou pennies en ponde (Is dit al wat jy het)
Vryf maar sout in my wonde (Wou maar net vir jou sê)
Doen net wat jy wil
Om my te verkul
Draai my hart in die rondte
Trap my hart in die grond in (Jy kan maar probeer)
Want dis mos die ín ding (Al maak jy my seer)
Sit 'n wag voor my mond
Hou jou oor teen die grond
Draai my hart in die rondte
Hoë bome vang die meeste wind
Vind jou vrede
In die oë van 'n kind
Voordat jy dit als opgee
Kry weer krag op jou knieë